2 Kronieke 4:8-16 Die Boodskap (DB)

8. Hy het tien tafels laat maak en hulle in die tempel neergesit: vyf regs en vyf links.Toe het hy 100 goue kommetjies laat maak.

9. Salomo het ’n voorhof vir die priesters en ’n groot binneruimte gebou en die deure daarvan met bronsplaat oorgetrek.

10. Hy het die see aan die regterkant, by die suidoostelike hoek van die tempel, geplaas.

11. Hiram het ook bakke, skopgrawe en kommetjies gemaak en die werk voltooi wat hy vir Salomo in die tempel moes doen. Hy het die volgende metaalvoorwerpe uit brons gemaak:

12. twee pilare;twee kapitele bo-op die pilare;twee stelle kettingwerk wat die kapitele versier het;

13. 400 granate wat in twee rye aan die kettingwerk vasgeheg is;

14. die waterwaentjies met die wasbakke bo-op;

15. die see;die twaalf beeste waarop die see gerus het;

16. die bakke, skopgrawe, vurke en al die ander gereedskap.Dit alles het die meestervakman Hiram van gepoleerde brons vir die tempel van die Here gemaak.

2 Kronieke 4