2 Kronieke 30:18-21 Die Boodskap (DB)

18. Dit was nodig omdat baie mense nog nie gereed was vir die fees nie. Hulle het veral uit Efraim, Manasse, Issaskar en Sebulon gekom, waar die paasfees nie op die voorgeskrewe manier gevier word nie. Maar koning Hiskia het vir hulle gebid en hulle kon ook die paasete eet, al was dit teen die letter van die wet van God. Hiskia het gebid: “Mag die Here wat goed is, die mense vergewe

19. wat besluit het om Hom te volg, selfs al is hulle nie reg voorberei vir die viering van die fees nie!”

20. Die Here het Hiskia se gebed verhoor en die mense vir die fees aanvaar.

21. Die mense van Israel wat in Jerusalem was, het die fees van die ongesuurde brode sewe dae lank met groot vreugde gevier. Die Leviete en die priesters het elke dag met musiekinstrumente vir die Here gesing.

2 Kronieke 30