2 Kronieke 11:5-13 Die Boodskap (DB)

5. Rehabeam het in Jerusalem bly woon. Hy het verskeie stede se mure sterker gebou om Juda te beveilig.

6. Hy het die volgende stede in Juda en Benjamin tot vestingstede versterk: Betlehem, Etam, Tekoa,

7. Bet-Sur, Soko, Adullam,

8. Gat, Maresa, Sif,

9. Adorajim, Lakis, Aseka,

10. Sora, Ajalon en Hebron.

11. Hy het die stede versterk en militêre bevelvoerders daar geplaas. By elkeen is daar ’n voorraad kos, olyfolie en wyn geplaas,

12. asook skilde en spiese om die plekke verder te versterk. So het net Juda en Benjamin onder sy beheer gebly.

13. Al die priesters en Leviete wat tussen die noordelike stamme gewoon het, was aan Rehabeam se kant.

2 Kronieke 11