1. In dié tyd het Hiskia baie ernstig siek geword. Die profeet Jesaja het hom gaan besoek en vir hom gesê: “Ek het vir jou ’n boodskap van die Here af. Hy sê jy moet jou sake in orde kry, want jy gaan nie weer gesond word nie.”
2. Hiskia het op sy sy gedraai en na die muur gekyk. Toe het hy gebid:
3. “Here, onthou tog dat ek altyd probeer doen het wat U wou hê.” Daarna het hy in trane uitgebars.
4. Nog voordat Jesaja oor die middelste plein geloop het, het hy weer ’n boodskap van die Here gekry:
5. “Gaan terug na Hiskia, my volk se leier, en sê vir hom: ‘Die Here, die God van Dawid, sê Hy het na jou gebed geluister en gesien hoe jy gehuil het. Hy sê: Ek het besluit om jou gesond te maak. Oormôre sal jy reeds weer tempel toe kan gaan.