Agas het Damaskus toe gereis om Tiglat-Pileser te gaan ontmoet. In Damaskus het hy ’n altaar gesien wat dadelik sy belangstelling gewek het. Hy het die afmetings en ’n model van die altaar aan die priester Urija gestuur en hom beveel om ’n replika daarvan te maak.