1 Tessalonisense 2:4-8 Die Boodskap (DB)

4. Nee, God self het ons uitgesoek vir hierdie wonderlike roeping. Hy het die evangelie in ons hande toevertrou. Ons sê daarom net wat Hy vir ons sê. Ons probeer nie om in mense se goeie boekies te wees nie. Ons doen net wat God van ons verwag. Hy weet wat die diepste motiewe van ons hart is.

5. Ons sal nooit dinge sê om by mense gewild te probeer wees nie. Julle weet dit al teen dié tyd. Ons probeer ook nie op skelm maniere geld maak uit die evangelie nie. God is ons getuie. Hy ken ons harte.

6. Ook soek ons nie na die erkenning van mense nie, nie julle s’n nie en ook nie ander mense s’n nie.

7. Natuurlik kon ek my gesag daar by julle misbruik het as ek regtig wou. Ek is immers deur Christus self as sy apostel aangestel. Maar ek was glad nie kwaai met julle nie. Allesbehalwe. Ek het julle vertroetel en mooi versorg, net soos ’n liefdevolle mamma wat haar kindertjies borsvoed.

8. Ek gee ontsettend baie om vir julle almal. Daarom was dit vir my ’n groot voorreg om die goeie nuus wat direk van God af kom, met julle elkeen te deel. Weet julle, ek sou selfs my eie lewe vir julle opgeoffer het omdat ek julle met my hele hart liefhet.

1 Tessalonisense 2