1 Samuel 25:4-11 Die Boodskap (DB)

4. Dawid het in die woestyn gehoor dat Nabal besig is om sy skape te skeer.

5. Hy stuur toe tien jong manne en sê vir hulle: “Gaan na Nabal toe in Karmel en sê vir hom ek stuur groete.

6. Sê vir hom ek wens hom alle voorspoed toe: vir hom, vir sy familie en vir sy boerdery.

9. Die jong manne het gegaan en namens Dawid alles presies net so vir Nabal gesê en vir sy antwoord gewag.

10. Nabal sê toe vir Dawid se mense: “Wie is dié Dawid? En wie is dié seun van Isai miskien? Vaderland, daar is deesdae ook so baie slawe wat van hulle base af wegloop!

11. Dink julle nou regtig ek sal my brood en water en die skape wat ek vir my skeerders geslag het, vat en dit vir mense gee wat ek van g’n kant af ken nie?”

1 Samuel 25