1 Samuel 13:1-2 Die Boodskap (DB)

1. Saul was ’n jong man toe hy koning geword het, en hy was altesaam 42 jaar lank koning oor Israel.

2. Aan die begin het Saul vir hom 3 000 van die Israeliete uitgesoek as sy soldate. Hy het 2 000 van hierdie troepe by hom in Mikmas en in die bergwêreld om Bet-El gehou, en 1 000 van hulle het hy by Jonatan in Gibea van Benjamin laat bly. Die res van die volk het hy huis toe gestuur.

1 Samuel 13