1 Kronieke 5:1-8 Die Boodskap (DB)

1. Ruben was Israel se oudste seun. Nadat hy egter by een van sy pa se vroue geslaap het, is die status en voorregte wat hy as oudste seun gehad het, oorgedra op die seuns van Josef, Israel se seun. Hy is nie meer as die oudste seun gereken nie.

2. Die stam van Juda het wel die sterkste een van al die stamme geword en ’n leier vir die volk opgelewer, maar Josef het steeds die rang van oudste seun gehad.

3. Die seuns van Ruben, Israel se oudste seun, was Ganok, Pallu, Gesron en Karmi.

4. Joël se afstammelinge was in volgorde: Semaja, Gog, Simi,

5. Miga, Reaja, Baäl

6. en Beëra. Beëra was die leier van die Rubeniete toe hulle deur koning Tiglat-Pileser van Assirië gevang en weggevoer is.

7. Beëra se familie is volgens hulle afkoms per familiegroep in die register opgeneem. Jeïel was die leier en naas hom Sagaria

8. en Bela seun van Asas, seun van Sema, seun van Joël.Die Rubenstam het in ’n gebied gewoon wat van Aroër af tot by Nebo en Baäl-Meon gestrek het.

1 Kronieke 5