1 Kronieke 4:4-9 Die Boodskap (DB)

4. Penuel (die grondlegger van Gedor) en Eser (die grondlegger van Gusa). Hulle was die nageslag van Gur (Efrata se oudste seun) en vader van Betlehem.

5. Asgur (die grondlegger van Tekoa), het twee vroue gehad, Gela en Naära.

6. By Naära het hy vier seuns gehad: Agussam, Gefer, Temni en Agastari. Hulle was Naära s’n.

7. Gela se seuns was Seret, Sogar en Etnan.

8. Kos was die voorvader van Anub en Sobeba en van die geslagte van Agargel, Harum se seun.

9. Jabes was belangriker as sy broers. Sy ma het hom Jabes genoem omdat sy geboorte so pynlik was.

1 Kronieke 4