1 Kronieke 4:26-41 Die Boodskap (DB)

26. Misma se afstammelinge was Gammuel, sy seun Sakkur en sy seun Simi.

27. Simi het sestien seuns en ses dogters gehad, maar sy broers het nie baie kinders gehad nie. Daarom was die stam van Simeon nooit so groot soos die stam van Juda nie.

28. Hulle het in Berseba, Molada, Gasar-Sual,

29. Baäla, Esem, Eltolad,

30. Betuel, Gorma, Siklag,

31. Bet-Markabot, Gasar-Susim, Bet-Biri en Saärajim gewoon. Dit was hulle stede totdat Dawid koning geword het.

32. Hulle het ook in die vyf stede Etam, Ajin, Rimmon, Token en Asan

33. en in die dorpies rondom dié stede tot so ver as Baäl gewoon. Dit is waar hulle gewoon het en hulle name is in die geslagsregister opgeneem.

34. Mesobab, Jamlek, Josa die seun van Amasia,

35. Joël, Jehu seun van Josibja, seun van Seraja, seun van Asiël,

36. Eljoënai, Jaäkoba, Jesogaja, Asaja, Adiël, Jesimiël, Benaja,

37. Sisa seun van Sifi, seun van Allon, seun van Jedaja, seun van Simri, seun van Semaja -

38. hulle name is in die lys opgeneem. Hulle was leiers en hulle families het sterk gegroei.

39. Op soek na weiveld vir hulle kleinvee het hulle ooswaarts in die vallei tot by Gedor getrek.

40. Hulle het goeie, geil weiveld gekry. Die wêreld daar was na alle kante toe oop en vry en dit was ’n rustige en stil omgewing.Voorheen het ander mense daar gewoon.

41. In koning Hiskia van Juda se tyd het die afstammelinge van Simeon wie se name op die lys staan, in die gebied ingetrek. Hulle het die gebied heeltemal ingeneem. Hulle het die afstammelinge van Gam, asook die Meüniete wat daar te vind was, verslaan. Die Simeoniete het die vorige inwoners heeltemal uitgewis en die land in besit geneem, want hulle wou die weiveld vir hulle kleinvee hê.

1 Kronieke 4