1 Kronieke 23:19-27 Die Boodskap (DB)

19. Jerija was die leier van Hebron se nageslag, Amarja was die tweede, Jagasiël die derde en Jekamam die vierde.

20. Miga was die leier van Ussiël se nageslag en Jissija was die tweede.

21. Merari se seuns was Magli en Musi.Magli se seuns was Eleasar en Kis.

22. Toe Eleasar dood is, het hy nie seuns gehad nie, net dogters. Hulle neefs, die seuns van Kis, het met hulle getrou.

23. Musi se drie seuns was Magli, Eder en Jeremot.

24. Hierdie is dan die Leviete volgens hulle families met die familiehoofde volgens hulle diensgroepe, soos hulle een vir een by name aangeteken is. Elke Leviet van twintig jaar en ouer het hulle take by die huis van die Here verrig,

25. want Dawid het gesê: “Die Here, die God van Israel, het vir sy volk rus gegee en Hy wil vir altyd in Jerusalem bly.

26. Nou hoef die Leviete nie meer die tent van die Here met al sy toebehore van plek tot plek te dra nie.”

27. Dit was Dawid se laaste instruksies dat al die Leviete van twintig jaar en ouer vir diens aangeteken moes word.

1 Kronieke 23