1 Kronieke 23:1-11 Die Boodskap (DB)

1. Toe Dawid oud was, het hy sy seun Salomo as koning van Israel aangewys.

2. Toe roep hy al die leiers van Israel, saam met die priesters en die Leviete, bymekaar.

3. Die Leviete van 30 en ouer is getel: ’n totaal van 38 000.

4. Van hulle moes 24 000 in die huis van die Here werk en 6 000 die orde en regspraak behartig;

5. 4 000 was hekwagte en nog 4 000 moes sorg vir die lof van die Here op die musiekinstrumente wat Dawid daarvoor gemaak het.

6. Dawid het hulle in groepe ingedeel volgens die seuns van Levi: Gerson, Kehat en Merari.

7. Uit die nageslag van Gerson was daar Ladan en Simi.

8. Die seuns van Ladan was drie: Jegiël, die leier, Setam en Joël.

9. Simi se seuns was ook drie: Selomit, Gasiël en Haran.

10. Die ander seuns van Simi se name was Jagat, Sisa, Jeüs en Beria.

11. Jagat was eerste en Sisa tweede. Jeüs en Beria het nie baie seuns gehad nie en vorm saam een diensgroep van die familie.

1 Kronieke 23