1 Kronieke 18:5-8 Die Boodskap (DB)

5. Die Arameërs van Damaskus het vir Hadad-Eser kom help, maar Dawid het 22 000 van hulle doodgemaak.

6. Hy het toe beheerpunte in Damaskus, die Aramese hoofstad, opgerig. Daarna was die Arameërs Dawid se onderdane. Hulle moes belasting aan hom betaal. Só het die Here Dawid laat wen waar hy ook al oorlog gemaak het.

7. Dawid het die goue skilde wat Hadad-Eser se wagte gedra het, afgevat en Jerusalem toe gebring.

8. In die stede Tibgat en Kun, wat aan Hadad-Eser behoort het, het Dawid ’n groot hoeveelheid brons vir hom gevat. Later het Salomo dit laat smelt om die reusebronsbak wat bekend was as die “see”, asook die pilare buite die tempel en die bronsgereedskap wat in die tempel gebruik is, te laat maak.

1 Kronieke 18