1 Kronieke 16:6-12 Die Boodskap (DB)

6. Die priesters, Benaja en Jagasiël, het gedurig op die trompette geblaas voor die verbondsark van God.

7. Op dié dag het Dawid vir Asaf en sy ampsgenote ’n danklied gegee om te sing:

8. Prys die Here! Bid tot Hom!Vertel vir almal op aarde wat die Here gedoen het.

9. Sing liedere, maak die Here se Naam groot.Juig oor al die groot dinge wat Hy elke dag doen.

10. Bring lof en eer aan die Here se heilige Naam.Wees bly, almal wat daarna smag om by die Here te wees.

11. Vra vir die Here om heeltyd by julle te wees met sy groot krag.Moenie dat daar ’n dag verbygaan dat julle nie naby Hom is nie.

12. Dink aan al die groot wonderwerke wat die Here gedoen het.Onthou sy magtige dade, hoe Hy sy voorskrifte aan ons gegee het.

1 Kronieke 16