13. Julle is deel van die nageslag van Israel, die kneg van die Here.Julle behoort aan Jakob wat deur die Here uitgekies is.
14. Die Here is ons God!Die hele aarde is vol van sy magtige dade.
15. Hy onthou die ooreenkoms wat Hy met sy volk gemaak het,sy beloftes wat Hy aan 1 000 geslagte gegee het!
16. Dit is dieselfde ooreenkoms wat Hy met Abraham gemaak het,en sy belofte aan Isak.
17. Dit is aan Jakob dat Hy sy woord gegee heten met Israel dat Hy ’n ewige ooreenkoms gesluit het,
18. toe Hy gesê het:“Al die grond in Kanaän behoort van nou af aan jou,dit is jou erfporsie, jou besitting!”
19. Toe Israel nog maar ’n klein groepie was,vreemdelinge in ’n nuwe land,
20. het hulle van landgebied tot landgebied rondgetrek,van een klomp mense na ’n ander.
21. Maar Hy het nie toegelaat dat iemand hulle ooit sleg behandel nie.Selfs magtige konings is nie toegelaat om hulle aan te val nie.
22. God het vir hulle gesê:“Moet dit nie waag om julle hand teen my kinders te lig nie.Hulle is Myne.Moet dit ook nie waag om een van my boodskappers seer te maak nie.”
23. Kom sing vir die Here, almal op aarde.vertel elke dag hoe Hy ons uit die nood gered het.
24. Moenie stilbly by die volke nie. Vertel vir die nasies hoe sterk die Here is en wat Hy alles kan doen.
25. Die Here is baie grooten daarom moet ons Hom met die mooiste woorde grootmaak.Hy is groter as alle ander gode.
26. Wat is die ander gode in vergelyking met Hom?Net mooi niks nie! Mense het hulle gemaak.Maar ons Here het die hemel gemaak.