1. Koning Hiram van Tirus het boodskappers na Dawid toe gestuur. Hulle het sederhout, klipmesselaars en skrynwerkers saamgebring om vir Dawid ’n paleis te bou.
2. Dawid het toe besef dat die Here sy koningskap oor Israel bevestig het en dat Hy die koninkryk ter wille van sy volk Israel grootgemaak het.
3. Dawid het in Jerusalem met nog vroue getrou en hulle het nog seuns en dogters gehad.
4. Die name van Dawid se kinders wat in Jerusalem gebore is, was: Sima, Sobab, Natan, Salomo,
5. Jibgar, Elisua, Elpelet,
6. Noga, Nefeg, Jafia,
7. Elisama, Eljada en Elifelet.