16. Julle besef natuurlik dat julle die plek is waar God op ’n baie spesiale manier teenwoordig is, soos in ’n tempel. God se Gees bly mos in julle soos iemand in ’n huis bly.
17. As iemand God se tempel skade aandoen, sal hy met God self te doen kry. En dit gaan nie lekker wees nie, want God se tempel behoort aan Hom. Dit is Syne en net Syne. Julle is daardie tempel van God.
18. Moenie gekke van julleself maak nie. Moenie dink julle is baie oulik en slim as julle lekker met die mense kan saampraat oor al die aardse dinge wat in die mode is nie. Dit is nie waar werklike wysheid lê nie, want God het alles mooi omgekeer.
19. Wat vir mense slim lyk, is eintlik maar dom, terwyl dit wat vir mense dom lyk, eintlik regtig slim is. Daar is mos geskryf: “Die slimmes praat hulle met hulle eie slimmighede heeltemal deurmekaar,”
20. en verder: “Die Here weet dat wat die slim mense dink eintlik net leë gedagtes is.”
21. Om dus regtig wys te wees moet ’n mens soos God begin dink. God het mos vir julle alles gegee.Los die gestry oor watter mense die belangrikste is. In vergelyking met God is almal eintlik niks nie,
22. of dit nou Paulus is, of Apollos of Sefas. God het vir julle die wêreld gegee; Hy het vir julle lewe gegee en julle hoef nie meer bang te wees vir die dood nie. Die dinge wat vandag gebeur en wat nog in die toekoms gaan gebeur, het God alles vir julle gegee. Dit, en nie mense nie, moet vir julle belangrik wees, want
23. julle is Jesus s’n en Jesus is God s’n.