1 Konings 2:9-16 Die Boodskap (DB)

9. Ek wil weer nie vir jou voorskryf nie, maar Simeï se daad moet gestraf word. Omdat jy slim is, sal jy weet wat om te doen.”

10. Toe het Dawid gesterf. Hulle het hom by sy mense in Jerusalem, die stad waar Dawid gewoon en gewerk het, begrawe.

11. Dawid het 40 jaar oor Israel regeer, eers sewe jaar in Hebron en toe 33 jaar in Jerusalem.

12. Salomo het sy pa as koning opgevolg. Sy koningskap is deur almal aanvaar en hy het ’n vaste greep op sy koninkryk gehad.

13. Op ’n dag het Adonia, die seun van Haggiet, vir Batseba, die ma van Salomo, besoek. “Kom jy in vrede?” het Batseba gevra. “Ja,” het Adonia geantwoord.

14. “Ek wil u iets vra,” het hy voortgegaan. “Wat is dit?” het Batseba gevra.

15. Adonia het gesê: “U weet tog dat ek eintlik koning moes geword het. Baie mense in Israel het ook so gedink, maar toe het dinge anders verloop. My broer het koning geword, want die Here wou dit so gehad het.

16. Ek wil u ’n groot guns vra. Moet dit asseblief nie weier nie.” “Wat is dit, Adonia?” het Batseba gevra.

1 Konings 2