8. Jy moet vir die mense reg leer, niemand moet daaroor kan praat en sê dit is verkeerd nie. Dan sal ons vyande skaam word en hulle sal nie slegte dinge oor ons kan sê nie.
9. Jy moet vir slawe sê dat hulle alles moet doen wat hulle eienaars wil hê, hulle moet goed werk sodat hulle eienaars tevrede sal wees. En die slawe moenie kla wanneer die eienaars iets vir hulle sê nie.
10. Die slawe moenie skelm wees en van hulle eienaars se geld vat nie. Nee, hulle moet vir hulle eienaars wys dat hulle altyd eerlik is. Hulle moet goeie slawe wees, hulle moet so goed wees dat al die mense sal sê die dinge is mooi, die dinge wat ons vir hulle geleer het van God, ons Redder.
11. Almal moet reg lewe, want God het vir ons kom wys dat Hy genadig is en dat Hy al die mense wil red.