Titus 2:2-10 Bybel vir Almal (ABA)

2. Jy moet vir die ouer mans sê hulle moet reg besluit, hulle moet reg lewe, hulle moet weet hoe om reg te lewe. Hulle moet geestelik sterk en gesond wees, hulle moet aanhou om in Christus te glo, hulle moet lief wees vir mense, hulle moenie ophou om dit te doen nie.

3. Jy moet ook vir die ouer vroue sê hulle moet lewe soos mense wat aan die Here behoort. Hulle moenie skinder oor ander mense nie en hulle moenie te veel wyn drink nie, hulle moet goeie dinge vir die mense leer.

4. Dan kan hulle vir die jonger vroue leer om lief te wees vir hulle mans en hulle kinders.

5. Die jonger vroue moet weet hoe om reg te lewe en hulle moet heeltemal reg lewe. Hulle moet goed sorg vir hulle huisgesinne en hulle moet gehoorsaam wees aan hulle mans. Dan sal ander mense nie sleg kan praat oor die boodskap van God nie.

8. Jy moet vir die mense reg leer, niemand moet daaroor kan praat en sê dit is verkeerd nie. Dan sal ons vyande skaam word en hulle sal nie slegte dinge oor ons kan sê nie.

9. Jy moet vir slawe sê dat hulle alles moet doen wat hulle eienaars wil hê, hulle moet goed werk sodat hulle eienaars tevrede sal wees. En die slawe moenie kla wanneer die eienaars iets vir hulle sê nie.

10. Die slawe moenie skelm wees en van hulle eienaars se geld vat nie. Nee, hulle moet vir hulle eienaars wys dat hulle altyd eerlik is. Hulle moet goeie slawe wees, hulle moet so goed wees dat al die mense sal sê die dinge is mooi, die dinge wat ons vir hulle geleer het van God, ons Redder.

Titus 2