Spreuke 9:8-17 Bybel vir Almal (ABA)

8. Daar is mense wat altyd wil spot,jy moenie probeer om vir hulle te leerwat hulle moet doen nie,hulle sal jou haat.Wanneer jy vir ’n wyse mens wil leerwat om te doen,dan sal hy lief wees vir jou.

9. Wanneer jy vir ’n wyse mens iets leer,dan kry hy meer wysheid.Wanneer jy vir ’n mens wat reg lewe,iets leer, dan weet hy nóg meer.

10. Wanneer jy die Here respekteer en dien,dan begin jy wysheid kry.Wanneer jy die heilige God ken,dan is jy verstandig.

11. As jy wysheid het, dan sal jy lank lewe,jy sal baie jare lank lewe.

12. As jy wysheid het,dan sal jou wysheid altyd vir jou help.As jy iemand is wat altyd wil spot,dan sal niemand jou help nie.

13. Die dwaasheid is soos ’n vrouwat hard praat,sy het nie mooi maniere nie,sy weet baie min,sy weet nie hoe om iets reg te doen nie.

14. Sy sit by haar huis se deur,sy sit op haar stoel op die hoogste plekin die stad,

15. en sy roep al die mense wat verbykom,die mense wat reguit verbyloop.

16. Sy sê die mense wat baie min weet,moet na haar toe kom,sy sê vir die mense wat nog moet leer:

17. “Water wat jy steel, smaak soet,kos wat jy skelm eet waar niemand jou sien nie,is lekker.”

Spreuke 9