Spreuke 8:4-15 Bybel vir Almal (ABA)

4. “Mense, ek praat met julle.Mense, ek roep julle.

5. Julle wat baie min weet,julle moet leer wat julle moet doen,julle wat soos dwase is,julle moet verstandig word.

6. Julle moet luister, want ek wil belangrike dinge sê.Wanneer ek praat, dan sê ek dinge wat reg is.

7. Ja, ek sal die waarheid praat,ek haat verkeerde dinge.

8. Alles wat ek sê, is reg.Niks wat ek sê, is vals en verkeerd nie.

9. Mense wat wil leer en wil verstaan, sal weetdat al my woorde eerlik en reg is.

10. Julle moet doen wat ek vir julle sê,dit is beter as om silwer te hê.Om dinge te weet,is beter as om die beste goud te hê.

11. Ja, wysheid is beter as koraal,wysheid is beter as enige ietswat jy graag sal wil hê.

12. Ek is wysheid.Waar ek is,daar weet mense wat om te doen,ek weet wat mense moet leerom die regte dinge te kan doen.

13. Mense wat nie daarvan hou om ander mensete bedrieg nie,is mense wat die Here respekteer en Hom dien.Ek haat mense wat hoogmoedig en trots is,mense wat sleg lewe en vals iswanneer hulle praat.

14. Ek help mense om reg te besluiten om die regte wysheid te kry,ek maak mense slim en sterk.

15. Konings gebruik my wanneer hulle regeer,leiers gebruik my wanneer hulle moet sêwat reg is.

Spreuke 8