Spreuke 7:10-24 Bybel vir Almal (ABA)

10. Daar het ’n vrou na die jongman toe gekom.Haar klere was soos ’n prostituut se klereen sy was slim en skelm.

11. Sy het hard gepraaten sy was nie skaam nie,sy wou nie in haar huis bly nie.

12. Sy het heen en weer geloop in die straaten op die oop plekke,sy het op elke straathoek gestaan en wag.

13. Toe die jongman by haar verbyloop,gryp sy hom en sy soen hom.Sy het reguit in sy oë gekyken sy het vir hom gesê:

14. “Ek het baie vleis by die huis,want ek het vandag die offers gebringwat ek belowe het.

15. Daarom het ek uitgekom na jou toe,ek het jou gesoek en ek het jou gekry.

16. Ek het lakens oor my bed gegooi,lakens van bont Egiptiese linne.

17. Ek het mirre, aalwyn en kaneelop my lakens gegooi.

18. Kom ons drink die hele nag van die liefde,kom ons geniet die liefde.

19. Ons kan dit doen,want my man is nie by die huis nie,hy het ver weg gaan reis.

20. Hy het ’n beursie vol geld saamgeneemen hy sal later terugkom,wanneer dit volmaan is.”

21. So het sy die jongman verlei met haar slim woorde.Hy het geluister na haar mooi woordeen hy het gedoen wat sy sê.

22. Die jongman het saam met haar geloop,hy was soos ’n bees wat na die slagplek gaan,soos ’n bok wat in ’n vangstrik getrap het.

23. En toe het ’n pyl deur sy lyf gegaan.Hy het gesterf voordat hy dit besef,hy was soos ’n voëlwat reguit in ’n vangnet vlieg.

24. Daarom, my seun, jy moet luister na my,jy moet doen wat ek vir jou sê.

Spreuke 7