Spreuke 7:1-10 Bybel vir Almal (ABA)

1. My seun, jy moet onthouwat ek vir jou sê,jy moet goed onthouwat ek sê jy moet doen.

2. Jy moet dit doen sodat jy kan aanhou lewe.Die dinge wat ek vir jou leer,moet vir jou baie belangrik wees.

3. Jy moenie dit vergeet nie,jy moet dit altyd onthou.

4. Wysheid moet vir jou wees soos jou suster,verstand moet wees soos jou goeie vriend.

5. Dan sal dit jou beskerm teen die slegte vrou,die vrou wat nie jou vrou is nieen wat skelm dinge sê.

6. Want ek het uitgekyk by my huis se venster,

7. en toe sien ek ’n jongmanwat baie onverstandig is,hy was tussen ander jongmensewat baie min weet.

8. Hy het in die straat verbygeloopnaby die hoek van die vrou se huisen hy het na haar huis gegaan.

9. Dit was al laat, dit het donker geword,dit was nag.

10. Daar het ’n vrou na die jongman toe gekom.Haar klere was soos ’n prostituut se klereen sy was slim en skelm.

Spreuke 7