Spreuke 6:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. My kind, wanneer jy vir ’n vriend borg gestaan het,wanneer jy dit belowe het vir ’n vreemde mens,

2. dan het jou eie woorde jou gevang,en jy het groot probleme omdat jy dit gesê het.

3. My kind, dít is wat jy dan moet doen:Jy moet jouself red,want daardie persoon kan nou besluitwat met jou sal gebeur.Jy moet by hom gaan soebat,jy moet hom aanhou vra en lastig wees,

4. jy moenie slaap of rus nie,

5. jy moet jouself red soos ’n wildsbok homself redvan ’n jagter,soos ’n voël homself red van ’n voëlvanger.

6. Lui mens, jy moet na die miere gaan,jy moet gaan kyk hoe hulle leween jy moet leer van hulle.

7. Die miere het nie ’n leierof ’n voorman of ’n koning nie,

8. maar hulle maak in die somerkos gereed vir hulleself,hulle maak kos bymekaarwanneer daar kos is om bymekaar te maak.

9. Lui mens, hoe lank wil jy slaap,wanneer staan jy op?

Spreuke 6