Spreuke 5:3-11 Bybel vir Almal (ABA)

3. Dit is belangrik, want ’n slegte vrouse woorde is so soet soos heuningen so glad soos olyf-olie.

4. Maar later is sy so bitter soos wilde-als,en so gevaarlik soos ’n swaard wat skerp is.

5. As jy saam met haar gaan,dan gaan jy na die dood,sy lei jou na die doderyk.

6. Sy dink nie aan die pad van die lewe nie,sy weet nie waar sy loop nie.

7. Kinders, daarom moet julle luister na my,julle moenie ongehoorsaam wees nie.

8. Jy moet wegbly van die slegte vrou,jy moenie naby haar huis se deur kom nie.

9. As jy na haar toe gaan, dan gee jy vir ’n ander mensiets wat vir jou kosbaar moet wees,jy gee jou beste jare vir ’n wrede mens.

10. Vreemde mense sal al die dinge krywaarvoor jy gewerk het.Die goed wat joune geword hetomdat jy baie hard gewerk heten swaargekry het,sal in ’n ander mens se huis kom.

11. Wanneer jy naby jou dood is,dan sal jy lê en huil en kla,want dan sal jy ’n baie siek mens wees.

Spreuke 5