Spreuke 5:2-8 Bybel vir Almal (ABA)

2. Dan sal jy weet wat die regte ding isom te doen,en jy sal altyd weet wat om te sê.

3. Dit is belangrik, want ’n slegte vrouse woorde is so soet soos heuningen so glad soos olyf-olie.

4. Maar later is sy so bitter soos wilde-als,en so gevaarlik soos ’n swaard wat skerp is.

5. As jy saam met haar gaan,dan gaan jy na die dood,sy lei jou na die doderyk.

6. Sy dink nie aan die pad van die lewe nie,sy weet nie waar sy loop nie.

7. Kinders, daarom moet julle luister na my,julle moenie ongehoorsaam wees nie.

8. Jy moet wegbly van die slegte vrou,jy moenie naby haar huis se deur kom nie.

Spreuke 5