Spreuke 5:11-23 Bybel vir Almal (ABA)

11. Wanneer jy naby jou dood is,dan sal jy lê en huil en kla,want dan sal jy ’n baie siek mens wees.

12. Dan sal jy sê:“Hoekom wou ek nie leer nie?Hoekom het ek gedink dat wysheidnie belangrik is nie?

13. Ek wou nie luister na die mensewat vir my geleer het nie,ek wou nie hoor wat hulle sê nie.

14. Nou gaan dit baie sleg met my,hier by die vergadering van die mensewat my oordeel.”

15. Jy moenie ontrou wees aan jou vrou nie,jy moet wees soos iemandwat sy eie put se water drink,jy moet die strome water drinkwat uit jou eie fontein kom.

16. Jy sal nie die water, die strome uit jou fonteine,buite laat wegloop op die oop stukke grond nie.

17. Dit moet net jóú water wees,nie ander mense se water ook nie.

18. Jou eie fontein se watermoet genoeg wees vir jou,dit moet vir jou lekker wees by jou eie vrou.

19. Sy is so pragtig soos ’n takbok,so mooi soos ’n klipbok.Jy moet dit altyd genietom haar teen jou vas te druk,jy moet vir haar so lief weesdat dit vir jou sal wees soos ’n droom.

20. My seun, hoekom wil jy dom dinge doenby ’n slegte vrou?Hoekom wil jy ’n vrou wat nie jou vrou is nie,omhels en teen jou vasdruk?

21. Die Here sien hoe ’n mens lewe,Hy kyk of ’n mens reg lewe.

22. Die sondes van ’n mens wat verkeerd doen,is soos ’n vangnet, dit vang hom.Sy sondes is soos toue wat hom vasdraai.

23. Die mens wat verkeerd doen, sterfomdat hy nie wou leer nie,hy verdwaal omdat hy dom gebly het.

Spreuke 5