Spreuke 31:8-15 Bybel vir Almal (ABA)

8. Wanneer mense nie self kan praat nie,dan moet jy sê wat hulle wil sê,jy moet praat en reg doen aan almalmet wie dit sleg gaan.

9. Jy moet praat, jy moet reg oordeel,jy moet reg doen aan die mensewat hulleself nie kan beskerm nie,die mense wat niks het nie.

10. Wanneer iemand ’n goeie vrou kry,dan het hy ’n vrou wat meer kosbaar is as koraal.

11. Haar man weet dat sy sal doen wat sy belowe het,hy weet dat sy goed altyd meer sal word.

12. Sy laat dit goed gaan met hom, nie sleg nie,haar hele lewe lank.

13. Sy maak wol en vlas bymekaaren sy geniet dit om met haar hande te werk.

14. Sy is soos die skepe van ’n handelaar,sy bring van ver plekke die kos wat sy nodig het.

15. Sy staan op wanneer dit nog donker is,sy sê vir haar huisgesin wat hulle moet doenen sy gee vir haar bediendes werk.

Spreuke 31