Spreuke 3:7-17 Bybel vir Almal (ABA)

7. Jy moenie dink jy het die wysheid nie,jy moet die Here dienen jy moenie verkeerd doen nie.

8. Dan sal jy heeltemal gesond blyen jy sal elke dag nuwe krag kry.

9. Jy moet die Here respekteer en Hom dienmet alles wat jy het,met die beste van alles wat jy bymekaarmaak.

10. Dan sal jou stoorkamers heeltemal vol wees,en daar sal so baie wyn weesdat jou parskuipe oorloop.

11. My seun, die dinge wat die Here vir jou leer,moet vir jou belangrik wees,jy moenie opstandig wees wanneer Hy jou straf nie,

12. want Hy straf jou omdat Hy lief is vir jou,Hy doen dit soos ’n pa wat lief is vir sy kind.

13. Dit gaan goed met die mens wat wysheid gekry het,met die mens wat verstandig geword het,

14. want om wysheid te kry, is beteras om silwer en goud te kry.

15. Wysheid is meer kosbaar as koraal.Baie dinge is vir jou kosbaar,maar niks is so kosbaar soos die wysheid nie.

16. Die wysheid gee vir jou ’n lang lewe.Jy sal ook ryk word, en mense sal jou respekteer.

17. Iemand wat wysheid het, geniet die lewe,en dit gaan goed met hom.

Spreuke 3