Spreuke 3:28-32 Bybel vir Almal (ABA)

28. As jy dadelik kan help, dan moet jy dit doen.Jy moenie sê: “Gaan eers terug en kom môre weer,dan sal ek jou help” nie.

29. Wanneer iemand naby jou is en hy voel veilig,dan moet jy nie sit en dink wat jy kan doensodat dit sleg kan gaan met hom nie.

30. Wanneer iemand onskuldig isen hy het niks sleg gedoen aan jou nie,dan moet jy nie sê dat hy skuldig is nie.

31. Jy moenie probeer om te wees soos iemandwat ander mense altyd wil seermaak en doodmaak nie.

32. Want die Here haat slegte mense,maar mense wat reg lewe, is sy vriende.

Spreuke 3