Spreuke 3:11-24 Bybel vir Almal (ABA)

11. My seun, die dinge wat die Here vir jou leer,moet vir jou belangrik wees,jy moenie opstandig wees wanneer Hy jou straf nie,

12. want Hy straf jou omdat Hy lief is vir jou,Hy doen dit soos ’n pa wat lief is vir sy kind.

13. Dit gaan goed met die mens wat wysheid gekry het,met die mens wat verstandig geword het,

14. want om wysheid te kry, is beteras om silwer en goud te kry.

15. Wysheid is meer kosbaar as koraal.Baie dinge is vir jou kosbaar,maar niks is so kosbaar soos die wysheid nie.

16. Die wysheid gee vir jou ’n lang lewe.Jy sal ook ryk word, en mense sal jou respekteer.

17. Iemand wat wysheid het, geniet die lewe,en dit gaan goed met hom.

18. Wysheid is soos ’n boom.As jy vashou aan die wysheid,dan hou jy vas aan ’n boom wat lewe gee.Die mens wat aan die wysheid vashou,is ’n gelukkige mens.

19. Die Here het wysheid en verstand,Hy het die aarde en die hemel gemaak.

20. Hy het geweet wat om te doen,Hy het fonteine uit die diep water laat stroomen Hy het die wolke vol water gemaak.

21. My kind, jy moet met ware wysheid lewe,jy moenie ophou om verstandig te wees nie.

22. As jy met wysheid lewe,dan sal jy ’n lang en ’n mooi lewe hê.

23. Dan sal jy veilig loop op jou pad deur die leween jy sal nie jou tone stamp nie.

24. Jy sal dan nie bang weesom te gaan slaap nie,jy sal gaan lê en jy sal lekker slaap.

Spreuke 3