Spreuke 29:4-7 Bybel vir Almal (ABA)

4. ’n Koning wat reg doen,laat dit goed gaan met sy land,maar ’n koning wat meer en meer belasting wil hê, verwoes sy land.

5. ’n Persoon wat dinge sênet om iemand anders gelukkig te laat voel,wil hom in ’n vangnet vang.

6. Die slegte mens wat verkeerd doen,wil iemand in ’n vangstrik laat trap,maar die mens wat reg lewe, sing vrolik.

7. Iemand wat reg lewe,weet hoe om reg te doen aan arm mense,maar iemand wat verkeerd doen, wil dit nie weet nie.

Spreuke 29