11. Wanneer ’n dwaas kwaad is,dan sê hy alles wat hy dink,’n wyse mens bly kalm.
12. Wanneer ’n koning luister na leuens,dan sal almal wat vir hom werk,mense wees wat verkeerd doen.
13. ’n Arm mens en die persoon wat hom verdruk,is saam in die wêreld,die Here laat hulle altwee lewe.
14. ’n Koning wat regverdig iswanneer hy arm mense oordeel,sal lank koning bly.
15. Wanneer jy jou kind straf en vir hom sêhoe hy moet lewe, dan kry hy wysheid,maar wanneer jy hom los,dan sal sy ma skaam wees oor hom.
16. Wanneer mense wat verkeerd doen,baie word, dan word die sonde baie,maar die mense wat reg lewe,sal sien hoe sleg dit gaan met daardie mense.
17. As jy vir jou seun reg geleer het,dan sal jy tevrede wees met hom,hy sal jou gelukkig laat voel.