Spreuke 26:18-19-28 Bybel vir Almal (ABA)

2. As iemand jou vervloek wanneer jy niksverkeerd gedoen het nie,dan is dit soos voëltjieswat vlieg en nie gaan sit nie,dit gaan by jou verby.

3. ’n Mens gebruik ’n sweep vir ’n perd,’n toom vir ’n donkie,en ’n lat vir ’n dwaas.

4. As ’n dwaas dom dinge sê, en jy antwoord hom nie,dan sal hy dink jy is ook dom.

5. As ’n dwaas dom dinge sê, en jy antwoord hom,dan sal hy dink hy het wysheid.

6. Wanneer jy ’n dwaas stuurom ’n boodskap te bring,dan sal hy nie die boodskap reg bring nie,en dan sal iemand vir jou wil seermaak.

7. ’n Lam mens kan nie sy bene gebruik nie,dwase kan nie ’n spreuk gebruikwanneer hulle praat nie.

8. Jy kan nie ’n klip met ’n slingervel gooias jy die klip vasgebind het in die slingervel nie,jy kan ook nie vra dat mense ’n dwaas moet respekteer nie.

9. Wanneer ’n dwaas ’n spreuk wil gebruikwanneer hy praat,dan is hy soos ’n dronk man wat ’n doringtakin sy hand het.

18-19. Iemand wat ander mense bedrieg en dan sê:“Ek het gespeel en ’n grap gemaak,”is soos ’n mal mens wat brandpyle skietwat mense kan laat sterf.

20. As daar nie hout is nie,dan kan ’n vuur nie brand nie,as niemand skinder nie,dan sal mense nie twis nie.

21. Daar moet hout wees as jy wil vuurmaak,daar moet houtskool wees as jy warm kole wil hê,en daar moet iemand wees wat wil bakleias jy wil hê mense moet twis.

22. Skinderstories is soos lekkers,mense glo graag skinderstories.

23. Wanneer jy mooi dinge sê maar slegte dinge dink,dan is dit soos wanneer jy ’n stuk van ’n kleipotmet silwer oortrek.

24. ’n Mens wat vir jou haat, sê miskien mooi dinge,maar hy hou aan om te dink hoe hy jou kan bedrieg.

25. Hy praat miskien vriendelik,maar jy moenie vir hom glo nie,want hy dink aan baie dinge wat jy sal haat.

26. Hy sê nie dat hy jou haat nie,maar hy bedrieg jou.Almal sal weet dat hy slegte dinge wil doen.

27. Iemand wat vir ander mense ’n gat grawe,sal self in die gat val.Die klippe wat hy gooi, sal na hom toe terugkom.

28. Iemand wat lieg, haat die mensewat hy seergemaak het,hy sê mooi dinge, maar hy wil mense laat sterf.

Spreuke 26