Spreuke 26:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. Niemand dink dat dit moet sneeu in die somer nie,niemand dink dat dit moet reënwanneer hy die ryp koring wil afsny nie,niemand dink dat mense ’n dwaasmoet respekteer nie.

2. As iemand jou vervloek wanneer jy niksverkeerd gedoen het nie,dan is dit soos voëltjieswat vlieg en nie gaan sit nie,dit gaan by jou verby.

3. ’n Mens gebruik ’n sweep vir ’n perd,’n toom vir ’n donkie,en ’n lat vir ’n dwaas.

4. As ’n dwaas dom dinge sê, en jy antwoord hom nie,dan sal hy dink jy is ook dom.

5. As ’n dwaas dom dinge sê, en jy antwoord hom,dan sal hy dink hy het wysheid.

6. Wanneer jy ’n dwaas stuurom ’n boodskap te bring,dan sal hy nie die boodskap reg bring nie,en dan sal iemand vir jou wil seermaak.

7. ’n Lam mens kan nie sy bene gebruik nie,dwase kan nie ’n spreuk gebruikwanneer hulle praat nie.

8. Jy kan nie ’n klip met ’n slingervel gooias jy die klip vasgebind het in die slingervel nie,jy kan ook nie vra dat mense ’n dwaas moet respekteer nie.

9. Wanneer ’n dwaas ’n spreuk wil gebruikwanneer hy praat,dan is hy soos ’n dronk man wat ’n doringtakin sy hand het.

18-19. Iemand wat ander mense bedrieg en dan sê:“Ek het gespeel en ’n grap gemaak,”is soos ’n mal mens wat brandpyle skietwat mense kan laat sterf.

Spreuke 26