Spreuke 25:26-28 Bybel vir Almal (ABA)

26. ’n Mens wat reg gelewe het en dan kiesom dieselfde dinge te doen soos ’n persoonwat verkeerd lewe,is soos ’n fontein of ’n put vol vuil water.

27. Dit is sleg wanneer jy te veel heuning eet,en ook wanneer iemand jou te veel respekteer.

28. Iemand wat homself nie kan regeer nie,is soos ’n stad wat nie meer ’n muur rondom hom het nie.

Spreuke 25