Spreuke 25:1-11 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die volgende spreuke is ook Salomo-spreuke. Koning Hiskia van Juda se manne het hierdie spreuke bymekaargemaak.

2. Mense respekteer en dien vir God,maar hulle weet nie alles van Hom nie.Mense respekteer ’n koningwanneer die koning probeer om alles te weet.

3. Niemand weet hoe hoog die hemel isen hoe diep die aarde is nie,en niemand weet wat die koning alles dink nie.

4. Wanneer jy die vuil stukkies en die skuimuit gesmelte silwer haal,dan kan ’n silwersmid iets maakvan die silwer.

5. Wanneer jy die mense wat verkeerd doen,wegvat van die koning,dan kan die koning regverdig regeer.

6. Jy moenie probeer wys jy is belangrikwanneer jy by die koning is nie,jy moenie gaan staanwaar die belangrike mense staan nie.

7. Want dit is beter as iemand vir jou sê:“Kom op hiernatoe,”beter as dat hy vir jou sê jy moet jou plekvir ’n belangrike persoon gee.Wanneer jy by jou naaste iets gesien hetwat verkeerd is,

8. dan moet jy dit nie dadelikin die hof gaan vertel nie.Wat sal jy doen wanneer jou naaste bewysdat jy verkeerd is?

9. Wanneer jy jou naaste wil beskuldig,dan moet jy nie vertel wat iemand andersvir jou gesê het toe julle alleen was nie.

10. As jy dit doen, en jou naaste hoor dit,dan kan hy miskien sê jy praat nie die waarheid nie,en almal sal onthou wat jy gedoen het.

11. Wanneer iemand die regte ding sêop die regte tyd,dan is dit soos goue appelswat iemand op silwer vasgesit het.

Spreuke 25