Spreuke 23:9-18 Bybel vir Almal (ABA)

9. Jy moenie vir ’n dwaas iets probeer leer nie,hy sal dink jou verstandige woorde is nie belangrik nie.

10. Jy moenie grense verander wat van lank gelede daar is nie,jy moenie weeskinders se grond vat nie,

11. want hulle Losser is die Here, Hy is sterk,Hy sal die Regter wees wat oordeelen sê wie is reg.

12. Jy moet goed verstaan wat ek vir jou wil leer,jy moet luister na wat ek vir jou sê:

13. Jy moenie bang wees om vir ’n kind te leer nie,want as jy hom straf, dan sal hy reg grootworden nie sterf nie.

14. Wanneer jy hom straf,dan red jy hom van die doderyk.

15. My seun, as jy wysheid kry,dan sal ek baie bly wees.

16. Dit sal vir my lekker weeswanneer jy die regte dinge sê.

17. Jy moenie soos die sondaars wil wees nie,jy moet aanhou om die Here te respekteer en te dien,

18. want dan sal dit met jou goed gaanin die tyd wat later komen jy sal kan aanhou lewe.

Spreuke 23