Spreuke 23:20-31 Bybel vir Almal (ABA)

20. Jy moenie saam met mense weeswat te veel wyn drink en te veel vleis eet nie,

21. want mense wat altyd dronk isen mense wat altyd te veel eet, word arm,en al hulle klere is stukkend.

22. Jy moet luister na jou ouers, ook wanneer hulle oud is,jy moenie dink hulle is dan nie meer belangrik nie.

23. Jy moet soek na waarheid, jy moet dit nie los nie,jy moet wysheid kry, jy moet leer en verstandig word.

24. ’n Pa voel baie gelukkig en blyas hy ’n seun het wat reg lewe en wat wysheid het.

25. Ek hoop jou ouers sal bly en gelukkig wees oor jou.

26. My seun, jy moet verstaan wat ek vir jou sê,jy moet kyk hoe ek lewe en jy moet ook so lewe,

27. want ’n prostituut, ’n slegte vrou,is soos ’n diep en nou gat waarin jy kan val.

28. Sy lê en wag vir jou soos ’n dief,sy laat baie mans ontrou word.

29. Wie is dit wat kla en sug, wie is dit wat twis?Wie is dit wat aanhou praat, wat seerkrymaar hy weet dit nie?Wie het rooi oë?

30. Dit is mense wat sit en drink tot dit laat is,mense wat aanhou proe aan drank.

31. Jy moenie na die wyn kyk wanneer dit rooi isen blink in die beker nie,die wyn wat jy so lekker sluk.

Spreuke 23