Spreuke 23:12-25 Bybel vir Almal (ABA)

12. Jy moet goed verstaan wat ek vir jou wil leer,jy moet luister na wat ek vir jou sê:

13. Jy moenie bang wees om vir ’n kind te leer nie,want as jy hom straf, dan sal hy reg grootworden nie sterf nie.

14. Wanneer jy hom straf,dan red jy hom van die doderyk.

15. My seun, as jy wysheid kry,dan sal ek baie bly wees.

16. Dit sal vir my lekker weeswanneer jy die regte dinge sê.

17. Jy moenie soos die sondaars wil wees nie,jy moet aanhou om die Here te respekteer en te dien,

18. want dan sal dit met jou goed gaanin die tyd wat later komen jy sal kan aanhou lewe.

19. My seun, jy moet luister sodat jy wysheid kan kryen sodat jy kan weet hoe om reg te lewe.

20. Jy moenie saam met mense weeswat te veel wyn drink en te veel vleis eet nie,

21. want mense wat altyd dronk isen mense wat altyd te veel eet, word arm,en al hulle klere is stukkend.

22. Jy moet luister na jou ouers, ook wanneer hulle oud is,jy moenie dink hulle is dan nie meer belangrik nie.

23. Jy moet soek na waarheid, jy moet dit nie los nie,jy moet wysheid kry, jy moet leer en verstandig word.

24. ’n Pa voel baie gelukkig en blyas hy ’n seun het wat reg lewe en wat wysheid het.

25. Ek hoop jou ouers sal bly en gelukkig wees oor jou.

Spreuke 23