Spreuke 23:1-19 Bybel vir Almal (ABA)

1. Wanneer jy gaan sit om saammet ’n belangrike amptenaar te eet,dan moet jy aanhou kyk na die kos wat voor jou is.

2. En as jy honger is, dan moet jy nie baie eet nie,

3. jy moenie van sy lekker kos wil hê nie,die lekker kos sal jou verkeerde dinge laat doen.

4. Jy moenie aanhou werk net om ryk te word nie,jy moet verstandig weesen nie net ryk wil word nie.

5. Rykdom kan baie gou verdwyn,want dit kry vlerke en dit vlieg weg soos ’n arend.

6. Jy moenie by ’n suinige mens gaan eet nie,jy moenie sy lekker kos wil hê nie,

7. want hy sit en dink hoeveel jy eet, dit is wat hy doen.Hy sê vir jou jy moet eet en drink,maar hy wil nie regtig hê dat jy dit moet doen nie.

8. Jy sal naar word van die bietjie kos wat jy eet,en dit sal niks help dat jy vriendelikmet hom gepraat het nie.

9. Jy moenie vir ’n dwaas iets probeer leer nie,hy sal dink jou verstandige woorde is nie belangrik nie.

10. Jy moenie grense verander wat van lank gelede daar is nie,jy moenie weeskinders se grond vat nie,

11. want hulle Losser is die Here, Hy is sterk,Hy sal die Regter wees wat oordeelen sê wie is reg.

12. Jy moet goed verstaan wat ek vir jou wil leer,jy moet luister na wat ek vir jou sê:

13. Jy moenie bang wees om vir ’n kind te leer nie,want as jy hom straf, dan sal hy reg grootworden nie sterf nie.

14. Wanneer jy hom straf,dan red jy hom van die doderyk.

15. My seun, as jy wysheid kry,dan sal ek baie bly wees.

16. Dit sal vir my lekker weeswanneer jy die regte dinge sê.

17. Jy moenie soos die sondaars wil wees nie,jy moet aanhou om die Here te respekteer en te dien,

18. want dan sal dit met jou goed gaanin die tyd wat later komen jy sal kan aanhou lewe.

19. My seun, jy moet luister sodat jy wysheid kan kryen sodat jy kan weet hoe om reg te lewe.

Spreuke 23