Spreuke 22:22-29 Bybel vir Almal (ABA)

22. Jy moenie ’n arm mens se goed vatomdat hy arm is nie,jy moenie iemand wat homself nie kan beskerm nie,verkeerd oordeel nie,

23. want die Here sal self die Regter wees vir hulle,en Hy sal die persoon laat sterf wat vir húlle wil laat sterf.

24. Jy moenie vriende wees met iemandwat gou kwaad word nie,jy moenie saamgaan met so ’n mens nie,

25. want jy sal miskien soos hy worden jy sal soos ’n voël in ’n vangstrik trap.

26. Jy moenie soos ander mense vir iemand borg staan nie,jy moenie belowe om sy skuld te betaalas hy dit nie kan betaal nie.

27. As jy nie kan betaal nie,dan sal mense ook jou bed wegvat.

28. Jy moenie grense verander nie,grense wat van lank gelede daar is,grense wat daar was toe jou voorvaders gelewe het.

29. Jy moet dit weet, ’n man wat vaardig is in sy werk,sal vir konings werk,hy sal nie werk vir onbelangrike mense nie.

Spreuke 22