Spreuke 20:21-30 Bybel vir Almal (ABA)

21. Wanneer iemand later iets moet erf,maar hy vat dit voordat hy dit moet kry,dan sal daardie goed nie méér word nie.

22. Wanneer iemand slegte dinge gedoen het aan jou,dan moet jy nie sê jy sal ook slegte dingedoen aan hom nie,jy moet wag vir die Here, Hy sal jou help.

23. Die Here haat mense wat oneerlik iswanneer hulle dinge weeg, weegskale wat nie reg weeg nie, is nie goed nie.

24. ’n Mens kan nie self weetwat met hom sal gebeur nie.Dit is die Here wat besluit wat met ons sal gebeur.

25. ’n Mens trek ’n vangstrik styf vir homselfwanneer hy iets wy maar nie dinkwat hy belowe nie, hy besef later wat hy belowe het.

26. ’n Koning wat wysheid het, kan uitvind wie skuldig is,en hy straf hulle baie swaar.

27. Die mens se gees is die lamp van die Here,dit ondersoek alles wat ’n mens dink en doen.

28. Wanneer ’n koning doen wat hy beloween hy hou sy belofte,dan is hy veilig en hy hou aan om te regeer,want hy doen wat hy belowe.

29. Jongmanne is mooi omdat hulle sterk is,oumense is mooi omdat hulle grys hare het.

30. Wanneer iemand ’n pak slae kry,dan hou hy op om verkeerde dinge te doen,as jy hom slaan,dan hou hy op om te dink aan verkeerde dinge.

Spreuke 20