Spreuke 2:3-15 Bybel vir Almal (ABA)

3. ja, as jy sê jy wil verstaan,as jy vra hoe jy verstandig kan word,

4. as jy dit so graag wil hêsoos jy geld wil hê,en daarna soeksoos jy na kosbare dinge sal soek,

5. dan sal jy verstaanhoe jy die Here moet dien,dan sal jy vir God leer ken.

6. Want dit is die Here wat wysheid gee,Hy sal vir jou leer om te weeten te verstaan.

7. Hy gee vir eerlike mense ware wysheid,Hy beskerm mense wat heeltemal reg lewe.

8. Hy laat hulle altyd reg doen,Hy beskerm die lewe van die mensewat aan Hom behoort.

9. As jy luister na my, dan sal jy verstaanwat dit is om reg te lewe en reg te doenen regverdig te wees,jy sal altyd op die regte pad loopen die regte dinge doen.

10. Die wysheid sal in jou kom woonen dit sal vir jou lekker weesom dinge te weet.

11. As jy verstandig en versigtig is,dan sal jy veilig wees.

12. Dit sal jou help om nie verkeerd te lewe nie,dit sal jou red van mensewat jou wil bedrieg,

13. want hulle is mense wat opgehou hetom die regte dinge te doenen wat in die donker loop.

14. Dit is vir hulle lekkerom verkeerd te doen,hulle juig wanneer ’n slegte mensiemand wil bedrieg.

15. Hulle is mense wat nie op die regte padkan loop nie,hulle hou aan om verkeerd te lewe.

Spreuke 2