Spreuke 19:13-24 Bybel vir Almal (ABA)

13. ’n Kind wat dwaas is, laat dit sleg gaan met sy pa.Wanneer ’n vrou aanhou kla, dan is dit soos wanneerwater aanhou drup deur die dak van ’n huis.

14. Jy erf ’n huis en rykdom van jou voorvaders,maar dit is die Here wat vir jou ’n verstandige vrou gee.

15. ’n Lui mens wil nie ophou slaap nie,daarom het hy nie genoeg om te eet nie.

16. Iemand wat doen wat die Here wil hê,sal aanhou lewe,iemand wat dink dit is nie belangrik om reg te lewe nie,sal sterf.

17. Wanneer iemand goed is vir ’n arm mens,dan is dit dieselfde soos om vir die Heregeld te leen.Die Here sal alles aan hom terugbetaal.

18. Jy moet jou kind reg grootmaak,want dan sal hy reg lewe,jy moenie hom laat sterfomdat jy nie gedoen het wat jy moes doen nie.

19. Iemand wat gou kwaad word,moet sy boete self betaal.As jy hom een maal help,dan sal jy dit weer en weer moet doen.

20. As jy luister na wat mense vir jou sêen as jy leer van hulle,dan sal jy later self wysheid hê.

21. ’n Mens kan baie planne hê,maar dit wat die Here besluit, sal gebeur.

22. ’n Mens kan aanhou doenwat hy graag wil doen,maar dit is beter om ’n arm mens te weesas om ’n mens te wees wat lieg.

23. Iemand wat die Here respekteeren Hom dien, sal aanhou lewe,hy sal genoeg eet en lekker slaap.Niks wat sleg is, sal met hom gebeur nie.

24. ’n Lui mens steek sy hand in die kosbak,maar hy is te lui om sy hand terug te bringna sy mond.

Spreuke 19