Spreuke 18:7-16 Bybel vir Almal (ABA)

7. Wanneer ’n dwaas praat,dan laat hy dit sleg gaan met homself,die dinge wat hy sê, is vir hom soos ’n vangstrikwat hom vang.

8. Skinderstories is soos lekkers,mense glo graag skinderstories.

9. Iemand wat nie sy werk goed doen nie,is soos iemand wat alles afbreek.

10. Die Naam van die Here is soos ’n sterk toring.Wanneer jy aan Hom behoort en reg lewe,dan is jy veilig.

11. ’n Ryk mens dink sy goed is soos ’n stadwat sterk mure het,hy dink sy goed sal hom beskerm soos ’n hoë muur.

12. Die Here sal ’n hoogmoedige mens verwoes,maar Hy sal ’n nederige mens belangrik laat word.

13. Iemand wat nie goed luistervoordat hy antwoord nie,doen ’n dom ding, en almal sal dink hy is dom.

14. Wanneer ’n man aanhou hoop,dan sal dit hom help wanneer hy siek is,maar niemand kan aanhou leweas hy moedeloos is nie.

15. ’n Verstandige mens wil graag meer weet, wyse mense luister, hulle wil leer.

16. Wanneer iemand vir mense presente gee,dan is hy welkom by hulle,hy kan dan by belangrike mense staan.

Spreuke 18