Spreuke 18:17-24 Bybel vir Almal (ABA)

17. Dit lyk altyd of die persoon reg iswat eerste praat in ’n hof,maar wanneer iemand vir hom vrae begin vra,dan lyk dit nie meer reg nie.

18. Wanneer ’n mens vir die Here vra wie is reg,dan kan mense ophou twis,en dan kan sterk mense besluit om op te hou stryoor wie reg is.

19. ’n Mens kan nie maklik inkom in ’n stadwat sterk mure het nie,ook nie in ’n paleis wat ’n sluitbalkaan die poort het nie.Jy kan ook nie maklik praat met ’n broerwat kwaad is vir jou omdat jyiets verkeerd gedoen het aan hom nie.

20. Iemand wat die regte dinge sê, kry genoeg om te eet.Hy het genoeg omdat hy weet wat om te sê.

21. Woorde kan mense laat sterf of dit kan mense laat lewe.As jy baie praat, dan kan daar goeie of slegte dingemet jou gebeur.

22. Wanneer iemand ’n vrou kry,dan kry hy iets wat goed is,die Here is goed vir hom.

23. ’n Arm mens moet altyd mooi soebat,maar ’n ryk mens antwoord kwaai.

24. Daar is party vriende wat net praatmaar wat niks help nie,maar ’n vriend kan vir jou meer lief wees as ’n broer.

Spreuke 18