Spreuke 18:13-16 Bybel vir Almal (ABA)

13. Iemand wat nie goed luistervoordat hy antwoord nie,doen ’n dom ding, en almal sal dink hy is dom.

14. Wanneer ’n man aanhou hoop,dan sal dit hom help wanneer hy siek is,maar niemand kan aanhou leweas hy moedeloos is nie.

15. ’n Verstandige mens wil graag meer weet, wyse mense luister, hulle wil leer.

16. Wanneer iemand vir mense presente gee,dan is hy welkom by hulle,hy kan dan by belangrike mense staan.

Spreuke 18